Die eiendomsmark wat plase aanbetref is 'n oase vir die koper! Daagliks kom nuwe plase in die mark en het die prys per ha 'n aansienlike verbetering getoon vir 'n koper. Die daling in die prys kan toegeskryf word aan die huidige ekonomie, die val in die prys van eksotiese wild asook politieke uitsprake.

Dit is veral die ouer boere wie se plase in die mark kom. As 'n mens na statistieke kyk is die verkopers 64 en ouer en die kopers tussen 32 en 55.

Die goedkoper wild asook die daling in prys per hektaar maak dit vir kopers meer haalbaar om plase te koop.

Wat kopers wel in gedagte moet hou is dat hy oor ten minste 70% van die koopsom moet beskiK plus oordragkoste om te kwalifiseer vir 'n lening. Die tendens is vandag dat die kopers hoofsaaklik kontantkopers is. Wat wel moeiliker is ,is lenings. 'n Koper moet oor ten minste 60- 70 persent van die koopsom plus oordragkostes in kontant kan neersit om te kwalifiseer. Bate sterk is nie genoeg sekuriteit vir die bank nie,dus help dit nie om net dit as sekuriteit vir die bank aan te bied nie.

SO AS DIE NOTE IN JOU SAK JOU BRAND IS DIT NOU DIE TYD OM TE INFESTEER IN 'N PLAAS!!! Indien jy meer wil weet oor plase,die mark of 'n plaas wil koop kontak my gerus Kobus Janse van Rensburg 082 777 2538