Farm For Sale in Lephalale

ref# 588
Share
Asking Price : R 6 850 000 (422 839 EUR*)

Mortgage calculator

Deposit (R) Repayment period (years) Interest rate (%)

Monthly repayment:
Province:Limpopo City:Lephalale Suburb:Lephalale Erf Size: ± 947 ha

select a 2nd currency

Prag Bosveldplaas 947ha R6.85m

PLAAS KAN UIT DIE BK GEKOOP WORD OF DIE BK KAN OORGENEEM WORD

  • EIENAARSKAP:
  • Die boerdery word as 'n BK bedryf. Dit is geregistreer vir Inkomstebelasting en BTW.
  •  
  • GROOTTE: 947.6356 hektaar. Mineraleregte uitgesluit.
  •  
  • LIGGING:
  • ± 45 km vanaf Lephalale (voorheen Ellisras) in die Limpopo provinsie en ± 350 km van O.R. Thambo lughawe.
  •  
  • PRYS: R8 500 000 (BTW van 14 uitgesluit, indien van toepassing)
  •  
  • BESKRYWING:
  • Pragtige Bosveldplaas met Maroela-, Hardekool, Knoppiesdoring, en
  • Akasiabome. Hoofsaaklik sandveld, afgewissel met kleigrond by
  • panne. Uitstekende grasbedekking met soet grasspesies. Verskeie
  • aasvoëlbroeiplekke. Goeie netwerk van paaie op plaas. Standaard
  • 2.4 wildsheining met 22 drade.
  •  
  • VERBETERINGS:
  • Lodge met dranklisensie. Lodge is geïnspekteer en voldoen aan die
  • vereistes van die Department van Omgewingsake en Toerisme
  •  
  • Hoofgebou:
  • Dubbelverdieping baksteen huis met sinkdak. 4 groot
  • slaapkamers met ingeboude kaste, 3 badkamers, eetkamer, 2
  • sitkamers, 1 balkon, oopplan kombuis met diensluik op onderdak
  • stoep en kroeg area. Lapa (oop) en braai area.
  •  
  • Onthaalarea:
  • Oopplan TV kamer en eetsaai met groot tafel vir 12
  • persone, toilet, kantoor en stoorarea.
  •  
  • Chalets:
  • 2 chalets, elke chalet met 2 slaapkamers en ingeboude
  • kaste, en-suite badkamers. Beskutte braai area, kombuis en groot
  • stoep met tafel vir 12 persone op stoep.
  • Netjiese tuin met sementpaadjies.
  •  
  • Buitegeboue:
  • Stoor met slagarea en koelkamer.
  • Werkerskwartiere: 2 slaapkamers met gemeenskaplike badkamer. Waskamer.
  •  
  • Boogjagskuilings:
  • Twee versonke boogjagskuilings (baksteen met sinkdak) by watergate.
  •  
  • Beeskrale:
  • Netjiese krale met drukgang en laaibank.
  •  
  • LOS BATES:
  • Meubels en eetgerei in chalets en chalet kombuis ingesluit by
  • verkoop.
  •  
  • WATERVOORSIENING:
  •  
  • 3 boorgate met sonkrag. Maksimum kapasiteit is onderskeidelik
  • 15 000L, 1 200L en 2 000 liters per uur. 4 X 5 000 liter Jojo watertenks.
  • 3 Waterkrippe en 2 natuurlike panne.
  •  
  • ELEKTRISITEIT:
  • Eskom elektrisiteit - 1 fase - 2 transformers.
  • WILDSPESIES:
  • Rooibokke (± 120), Zebra (± 50), Waterbokke (± 35), Gemsbokke (± 30), Elande , Vlakvarke en ander kleinwild soos Duikers en
  • Steenbokkies.
  •  
  • ALGEMEEN
  • Pragtige plaas met geen bosindringing