Farm For Sale in Dwaalboom, Thabazimbi

ref# 595
Share
Asking Price : R 7 762 000 (479 135 EUR*)

Mortgage calculator

Deposit (R) Repayment period (years) Interest rate (%)

Monthly repayment:
Province:Limpopo City:Thabazimbi Suburb:Dwaalboom Erf Size: ± 616 ha

select a 2nd currency

PUIK WILDSTEELPLAAS DWAALBOOM 616 ha R7.762M

Beskrywing

Algemeen:
Die plaas word gebruik vir intensiewe wildteling van buffels, en gouewildebeeste. In een van die kampe is hartwaterspringbokke en swartrooibokke. Daar is ook ‘n trop Waterbokke saam met ‘n 32” bul.
Die plaas is in totaal rooigrond en bosindringing is op meeste plekke reeds toegepas. Die area is bekend as uiters veilig en geen grondeise of woongebiede is naby die plaas nie.
Groote: 615.7644ha
Verbeteringe: Huis:
1) Groot drieslaapkamerhuis met twee badkamers.
Die hoofslaapkamer het ‘n aparte aantrekkamer met ‘n
naaldwerkkamer of studeerkamer.
2) Die kamers is ruim met twee slaapkamers
,sitkamer/eetkamer en kombuis is toegerus met
lugversorging.
3) ’n Waskamer en aparte rondawel is deel van die huis
4) Daar is ook ‘n swembad by die huis
5) Huis is omhein met elektriese veiligheidsheining.
Kantoor
1) Die plaas het ‘n kantoor met raadsaal wat uitkyk oor ‘n drinkgat.
Die kantoor kan omskep word in ‘n aparte woonstel
Store:
1) Daar is drie groot store met ‘n werkswinkel tussen twee van die
store
2) Een stoor word as algemene werkswinkel gebruik en ‘n tweede as
voerstoor.
3) ‘n Derde stoor word tans gebriuik as vliegtuigloods en as
voermengstoor.
Vliegveld:
1) Die plaas het sy eie vliegveld wat 1.5 km lank is entoegespan is.
Hy word gereeld gebruik en is in uitstekende toestand.
Kampe:
1) Twee bufflekampe van naastenby 150 ha word gebruik vir huidige
trop van naastenby 60 buffels. Buffels wissel tussen die twee
kampe. Een van die kampe het ook ‘n opvangkamp waar die
buffles in hanteer word.
2) Nog 'n 120 ha kamp is elekries omhein
3) Twee 20 ha kampe een met ‘n opvangskamp word tans gebruik vir
roan bulle.
4) ‘n Blouwildebeeskamp van 40 ha.
5) Rooibokkamp is 80 ha omhein met jakkalsdraad aan die
onderkant. Hy het ook ‘n opvangskamp.
6) Naby die huis is ‘n kleinbemarkingskamp vir verkoop van wild of
buffel bloei.
Boorgate:
Daar is twee toegeruste boorgate wat in totaal rondom 2500 liter per uur lewer.Een van hulle is toegerus met ‘n drukmeters wat self aan en af skalel.
Werkersbehuising:
Die werkersbehuising is ‘n netjiese “kompong” met 6 kamers twee badkamers en ‘n kombuis as een kompleks.
Wild:
1) Alle skaars wild sal verwyder word plus van die waterbokkoeie wat
dragtig is van die 32” bul.
2) ‘n Groep van ongeveer 10-12 waterbokke sal gelos word.
3) Al die kampe het rooibokke, ongeveer ‘n totaal van 80.
4) Gemsbokke 8-12
5) Koedoes ongeveer 15
6) Elande rondom 5 (Rosy die mak eland sal verwyder word)
7) Blesbokke 5
Indien daar ander wild aangekoop wil word, veral sable en roans
kan dit apart onderhandel word.

Permitte:
Die plaas het ‘n P3 asook ‘n Tops permit

Heinings:
Buite heining is in baie goeie toestand en alle binne heinings is
1.8m hoog. Alle hekke is skuifhekke.


  • ALGEMEEN
  •  
  • Puik beplande plaas vir die teel van wild.
  • Drade en infrastruktuur in puik toestand
  •  
  • KOM OP DIE EIENDOM OM TE WAARDEER WAT JY SIEN!!!!
  •  
  • MAAK SEKER U IS 'N GEKWALIFISEERDE KOPER m.a.w. U MOET OOR TEN MINSTE 70% VAN DIE KOOPSOM + OORDRAG KOSTE BESKIK OF 'N KONTANTKOPER WEES